

ADELE SE HOENDER GEREG
Gisteraand lekkers hoender gereg gemaak….My familie bestaan net uit hardwerkende manne waarvan 3 nog rugby speel ook so ek maak baie kos. Julle kan die hoeveelhede aanpas.
1 kg Hoender fillette in blokkies gesny
20 minute gemarinieer in die volgende mengsel:
2 eetlepepls suurlemoensap
1 eetlepel gold balsamic reduksie
2 eetlepels olyfolie
Sout en peper na smaak en ina paarman
3 eetlepels braai & grill mix.
Terwyl die hoender marineer kerf :
1 groot ui in klein blokkies,
1 medium kop broccoli grof gekap
250 gr sampioene om kwarte gesny en koppie pit mielies
Braai hoender vinnig net tot bruin maar nog nie heeltemal gaar nie.
Haal uit en sit eenkant.
Braai uie tot deurskynend, voeg broccoli en sampioene by en 2 eetlepels sundried tomato pesto.
Voeg pit mielies by en meng goed. Voeg hoender weer by en meng deur.
Voeg nou halwe koppie room by en proe vir genoegsame sout.
Kap halwe bossie chives fyn en sprinkel bo op. Laat prut op laagste hitte vir so 5 minute.
Bedien saam met pasta, rys of couscous
Resep en foto : Adele Horn






