

AARTAPPELSLAAI IDEES
Wayne Dugmore
My persoonlike gunsteling is met ‘n bietjie baie fyn uie en gekookte eier. Meng mayonaise met ‘n bietjie kondensmelk en melk/room – jy wil dit nie te soet hê nie en dit moet bietjie loperig wees. Meng sout en peper in na smaak. Giet oor aartappel, eier, uie mengsel. Roer deur en laat staan om sous in te laat trek. Roer nog sous en pietersielie deur voor opdiening. Lekkerste wanneer ys koud.
Minouise van der Merwe
Gebraaide Uie, Sampioene, Green, Yellow and Red Bell Peppers (Soetrissies), Ertjies (soos per jou voorkeur), Gekookte eier/s, 1 eetlepel kondesmelk vir elke 5-6 eetlepels mayonnaise en so bietjie vars of gedroogte pietersielie nadat die slaai mengsel gemeng is bo-oor
Elsabe Templeton
Helfte mayonnaise, helfte suurroom of creme fraiche, fyn gerasperde rooi uie, gekapte agurkies en gekookte eier grof gekap.
Madeleine Scholtz
Baie ou resep, meng mayonnaise met bietjie olie, suiker en asyn. Ek gebruik maar soos ek voel, met gekapte ui en gekookte eier en gekapte parsley.
Rudi Campher
Maak nie saak of dit mayonnaise, gemeng met kondensmelk is, of net skoon mayonnaise, maar rasper altyd ui in/ of spriet uie, sout en pepper, met altyd bietjie mostert poeier. Maak ‘n groot verskil. Gebraaide spek stukkies net so lekker daar in.
Nathalie van Heerden Botha
Boiled and diced – No Mayonnaise – don’t like mayonnaise – Olive oil; Coarse salt preferably Himalayan; juice and rind of a lemon. Chopped mint leaves.
Eat when slightly warm. Great! My Gran made it this way!
Jacqui Gericke
Or mayonnaise with whipped ideal milk – delish. You can even use sour cream, with spring onions and mustard seeds – divine, although different






