

RUVAN SE SMULLIGE SJOKOLADE KOEK
Foto en resep deur Ruvan Oree
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
2 koppies suiker
1 koppie warm melk
1 koppie kookolie
6 teelepels bakpoeier
6 large eiers geskei
10 ml vanilla essence
knippie sout
botter om plaat te smeer
1 koppie kakao
Sif droë bestanddele. Skei eiers en klits die geel. Gooi suiker by droë bestanddele. Scoult melk in pot. Voeg dan jou kookolie, eiergeel by die droë bestanddele. Voeg nou jou warm melk en vanilla essence ook by en roer met metaal lepel. Laastens voeg jou styfgeklopte eierwit by en vou dit in. Smeer pan met botter en bak vir ±45 minute op 180°C. Bak koek langer as 45 minute indien dit nog nat of baie klam binne is.
Versiering:
175 ml kakao
koppie botter
75 g versiersuiker
warm water
Room botter. Voeg versiersuiker bietjie bietjie by terwyl jy gedurig roer. Maak kakao met kookwater aan tot ‘n lekker stywerige pasta, nie klonterig nie. Voeg dan by versiersuiker mengsel en meng. Versier koek met cherries en choc versiersels of enige iets van jou keuse.






