

ROMERIGE SPINASIE EN HOENDERVULSEL VIR PANNEKOEK
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Aandete: Net reg vir ‘n koue aand, pannekoeke gevul met ‘n romerige spinasie en hoender vulsel. Die soetes bêre ek vir nagereg.
https://www.foodloversrecipes.com/…/petre-se-klein-maat-pan…/
2 hoenderdye gekook en gepluis
8 medium spinasieblare
½ ui fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
6 stingels sprietuie, fyn gesnipper
1 basilie blaar, fyngekap
grof gemaalde swartpeper na smaak
sout na smaak
Soteer uie en knoffel tot uie deurskynend is. Voeg gekapte spinasie by en braai goed deur. Voeg res van van bestanddele by en meng goed. Voeg 2 koppies kaassous by en roer goed deur. Skep vulsel in middel van pannekoek en vou op sodat dit ‘n pakkie vorm. Pak in bak, gooi res van kaassous oor. Pannekoekpakkies – rasper kaas oor en bak in oond tot kaas goed gesmelt is, bedien warm.







geskuif