CAROL SE KAASKOEK
Ek wil net graag noem dat ek aanvanklik baie skepties was oor hierdie kaaskoek met die paar bestanddele!
Ek het in die verlede kaaskoeke gebak – baie duur en glad nie goed uitgekom nie.
Hierdie kaaskoek is regtig BAIE LEKKER!
‘n Pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gemaak * Sien wenk
75 g botter of margarien, gesmelt
600 ml volroom jogurt, enige geur
1 blik volroom kondensmelk
KORS
Meng beskuitjie krummels en gesmelte botter goed saam.
Gebruik agterkant van ‘n groot metaal lepel en druk mengsel vas teen wande en bodem van ‘n tertbord van 23 cm.
Ek het beskuitjies en fyn gekapte neute en botter gebruik vir die korsie. 600 ml heuning gegeurde joghurt , die blikkie kondensmelk en net voordat ek dit in die oond wat op 180ºC gestel is insit het ek suiwer heuning gesmelt en bo-op gedrizzle. Het dit vir 20 minute gebak. My man wat vol dinge is met kaaskoek sê dat dit een van die lekkerste kaaskoeke is wat ek in 28 jaar gebak het.
Foto en resep: Carol Visser
2de foto: Marie Dumas Jennings – Hier is my opgejazzde kaaskoek gebak met bogenoemde resep. Vars vrugte met wit en bruin tumbles en versiersuiker gedust.
Foto: Dricus Bosman
Ek het net flake oorgerasper, gesmelte wit sjokelade oor dit gedrizzle en fyn sjokeladewerk rondom gesit.
Geskuif