

PILCHARDS BALLETJIES
1 blik vis
1 ui opgekap
1 blikkie sampoene gedreineer fyner gesny en al die water uit sampioene gedruk.
Sout en peper
1/2 kop gerasperde kaas
1 eier
Broodkrummels gemaak van 3 sny brood.
Braai uie en sampioene met bietjie olie tot sag. Voeg sout en peper na smaak by.
Haal vis uit sous en skep by uie mensel in en maak fyn en laat vis deur warm word. Laat dit afkoel. As dit afgekoel het voeg nou die broodkrummels, kaas en eier by. Meng goed.
Klits 2 eiers met bietjie water goed.
1 koppie meel gemeng met 2 telepels BBQ speserye en swartpeper so 1/2 telepel.
Maak balletjies van Vismengsel en doop eers in eier en dan in meel. Vlak braai in bietjie olie in n pan of soos ek in “deep fryer”. Sit voor met heerlike sousie.
Resep en Foto: Ronel Muller Thoma






