

KAMMA-GANSLEWER
Die het nou absoluut niks met n gans te doen nie maar is baie lekker.
3-6 tamaties
1 ui
1-2 appels (verkieslik suur)
sout, peper en marjoryn
Skil die tamaties, sny dit fyn op en smoor met fyngekapte uie.
Sny die appels in skywe. Voeg by die tamaties en smoor tot glaserig.
Voeg sout, peper en marjoryn daarby, na smaak.
(Kan ook n bietjie suiker byvoeg as te suur.)
Dit smaak goed op brood as ‘n maaltyd of kan ook oor aartappels geskep word as n sousie of dalk as n pannekoekvulsel.
Resep geplaas deur Heiner Lange (Lili Lange)






