

HOENDER ALA ADAM
3 hoenderborsies
1 groot gekapte ui
1 groot groen soetrissie in stukkies gesny
250 g gekerfde sampioene
4 medium grootte wortels in klein blokkies gesny
1 pakkie room van hoender soppoeier
150 g gaar noedels van jou keuse (*sien nota)
(Stoom of kook die hoender en die wortels tot amper gaar en dreineer. Hou die aftreksel van die hoender eenkant. Ontbeen die hoenderborsies en sny of breek in stukkies.
Braai die uie in bietjie olie tot sag in ‘n kastrol, voeg die groen soetrissie by en braai saam vir 1 minuut. Voeg die sampioene, wortels en hoender by, bedek die pot en kook oor lae hitte vir 5 minute. Meng die soppoeier met 500 ml van die hoenderaftreksel en voeg dit by die hoender. Bring tot kookpunt terwyl jy roer en laat prut vir 10 tot 15 minute. Roer gereeld sodat dit nie aan die bodem vasbrand nie.
(*Nota: Die gereg kan op rys of op pasta bedien word, maar ek voeg sommer net 150 g gaar pasta by die gereg en bedien dit alles in een.)
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






