

HEERLIKE WORSIE SOUTTERT
RESEP: Aneen (klein souttertjies)
Ek het my eie weergawe gemaak.
FOTO: Ronell Muller Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
12 Enterprise gerookte worsies, klein ringetjies gesny
1 ui, fyngekap
½ groen soetrissie, fyngekap
knoffel en kruie speserye
sout en peper
2 eetlepels mosterdsous
2 eetlepels blatjang
3 eiers, geklits
1 ¾ koppie volroom melk
3 koppies Cheddar kaas
½ koppie meel
Klits eiers en voeg melk by en klits weer.
Braai die ui en soetrissie.
Voeg die worsies en kruie en spices by. Roer vinnig deur en haal van plaat af.
Voeg nou die blatjang en mosterd by en meng deur.
Strooi die meel oor en meng weer.
Voeg die melk en eiers by meng deur.
Werk die 3 koppies kaas deur.
Bak by 180º C tot gestol en bruin.






