


PIESANG EN GRONDBOONTJIEBOTTER MUFFINS
4 piesangs
1 1/2 koppie meel (Ekt self raising gebruik)
1/4 teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 eier
1/3 koppie grondboontjie botter
1/4 koppie canola olie
5 ml karamel essense
1/2 koppie bruin suiker
12 Groot muffins gekry gebak 25 min op 190 grade C
Maak piesang, grondboontjie botter, eier, olie, vanilla. Meng suiker by
Sif saam sout, meel, koeksoda, bakpoeier.
Gooi by piesang mengsel
Gooi in muffin pan bak vir 20/25 min op 190ºC
Foto en resep: Ronel Lewies Pretorius
2de Foto: Rina Kleinhans
Ek het vanoggend net 3 groot oorryp piesang gehad en die resep vra vir 4 toe gooi ek ‘n lekker hand vol rosyne by, het die suiker met helfte xylitol vervang, en so bietjie bruinsuiker bo-oor gestrooi voor ek dit gebak het. Dit is regtig ‘n heerlike klam muffin, probeer dit gerus.
One thought on “PIESANG EN GRONDBOONTJIEBOTTER MUFFINS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







geskuif