

SUURLEMOEN EN KRUIE PLATHOENDER
Suurlemoen en kruie plathoender met ratatouille vanaand.
‘n heel hoender (vars of ontdooi)
1/2 koppie suurlemoensap
2 eetlepels hoender speserye
2 koppies kookwater
2 eetlepels gedroogde tiemie
Olyf olie
Sit hoender op sy rug en sny die borsbeen af aan albei kante met kombuis skêr. Draai die hoender om en vou oop en druk so plat as moontlik. Sny diep kepe in die dikste gedeelte van die dy en bors gedeeltes. Sit die hoender met die velkant na bo in oondskottel. Gooi al die bestandele behalwe olyf olie oor die plat hoender in oondskottel. Sprinkel olyf olie oor die hoender. Bak oop by 180°C vir 30 min en draai dan die hoender om en bak nog 30 min of tot deurgaar. Haal die hoender uit oondskottel en hou warm terwyl jy die sous maak. Maak 2 eetlepels mieieblom aan met bietjie water en roer in by die sous in oondskottel oor hitte tot dit verdik en gaar is. Bedien met rys of pasta.
Resep en foto: Elsabie Templeton






