



SOUSERIGE SJOKOLADEKOEK
Koek
3 eetlepel kakao
¾ koppie kookwater
6 eiers
1½ koppie suiker
¾ koppie olie
1½ koppie koekmeel
3 teelepel bakpoeier
2 ml Sout
1 teelepel vanilla geursel
Stroop:
1½ koppie suiker
2 koppie kookwater
1 eetlepel koffiepoeier
1 doppie rum geursel/ OBS of enige soet wyn
Versiersel:
1 blik karamel kondensmelk
1 houer room (styfgeklop)
Stel oond op 180 ºC.
Beslag:
Meng kakao met kookwater, laat solank afkoel
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg kakaomengsel by en meng deeglik!
Sif res van droë bestanddele by en meng goed
Skep in gesmeerde 22 cm x 30 cm pan en bak ongeveer 30 min.
Stroop:
Kook suiker en water saam, voeg koffiepoeier by kook vir 5 min,
Verwyder van stoof en voeg essens by. Roer goed.
Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Versier :
Laat goed koud word, smeer karamel kondensmelk of Nutella oor en versier met styf geklopte room en ‘n gekrummelse Flake indien verkies.
Resep geplaas deur Esmarie Buys
Fotos: Adam Cloete, Meisie van der Colff en Lettie Roets
Versiering:
Ek het 1 blik caramel oor die koek gesmeer. ¼ blikkie desert cream saam 1 groot slab neut sjokolade gesmelt in die mikrogolf 1 min. Toe goed geroer oor caramel gegooi en gemeng dat dit so lyk.

Dit is die gewone pankoek resep op die blad. Dubbeld aangemaak. In 3 panne gebak. Koffiesous soos resep aandui aangemaak en oorgegooi. Dink nog net nie iemand het probeer om die resep in gewone panne te bak. Dit is presies die klam pankoek resep op die blad
Foto Frans van Rensburg







Amanda Coetzee
I also baked one yesterday, also used vanilla essence and only a quarter cup of sugar instead of 2 cups. My husband said its his new favourite chocolate cake.
Kristie Townsend: Dankie vir die lip lek lekker resep! Ek soek al lank na die lekkerste koek resep en na die een bak ek nie weer ‘n ander sjokolade koek nie!! Ek het net die brandy of rum essence vervang met twee eetlepels vanilla essence en van die stroop wat ek gemaak het-het ek net twee sop lepels oor gegooi en laat dit intrek. Ek moes die koek bak vir 55min. op 180 Grade Celsius!
Lettie Roets
Rina ek wil jou en jou span gelukwens met hierdie resep! Dis n treffer! Die souserige sjokoladekoek is heerlik! Die resep is maklik uiteengesit vir mense soos ek wat nie experts is in bak ni! Ons het heerlik ge-eet! En vanmiddag het ons dit vir poeding gehad met roomys! Baie dankie!
Penny Pienaar
Also made this tart yesterday. Awesome tart made one change did not have any of the essences so for syryp used 2 cups of water followed recipe as normal but at end just added 1/2 cup of brandy then poured over cake was devine all my guests loved it
Reon Conradie
Ekt laas week hierdie “souserige sjokolade koek” resep gesien. Toe maak ek dit vandag… oh my word!! Dis verskriklik lekker!!! Lekker nat, souserige, sjokolade koffie yummyness… ek beveel definitief aan dat jul dit probeer😋😋😋
Ek het hierdie koek vandag gebak, hy het op 175 grade C sonder ‘n waaier presies 22 min gebak en was perfek, ek het net 2kp water vir die stroop gebruik wat genoeg was, ek het ook gewone brandewyn ingesit (30ml) maar ek hou nie van die smaak nie, ek sal volgende keer dit met karamel essense of iets vervang. Die koek is heerlik klam ek sou hom net nog donkerder wou he… maar ek sal hom weer bak, ek het hom in ‘n pan koek gebak
Hierdie koek vat die koek vir die klamste koek van alle klam koeke!!!!! Ek het uiteindelik besluit ek gaan nie eers karamel of enige iets oorsit nie, aangesien dit klaar so lekker en klam en baie soet is, en ek het ‘n halwe koppie minder sous gebruik as wat die resep voorskryf. Ek het ook twee eetlepels brandewyn bygesit in plaas van twee teelepels brandewyn essence. Ek moes dit egter vir ongeveer 45 minute in my gasoond hou voor ek tevrede was dat dit deurgebak is.