SOUSERIGE SJOKOLADEKOEK




SOUSERIGE SJOKOLADEKOEK
Koek
3 eetlepel kakao
¾ koppie kookwater
6 eiers
1½ koppie suiker
¾ koppie olie
1½ koppie koekmeel
3 teelepel bakpoeier
2 ml Sout
1 teelepel vanilla geursel
Stroop:
1½ koppie suiker
2 koppie kookwater
1 eetlepel koffiepoeier
1 doppie rum geursel/ OBS of enige soet wyn
Versiersel:
1 blik karamel kondensmelk
1 houer room (styfgeklop)
Stel oond op 180 ºC.
Beslag:
Meng kakao met kookwater, laat solank afkoel
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg kakaomengsel by en meng deeglik!
Sif res van droë bestanddele by en meng goed
Skep in gesmeerde 22 cm x 30 cm pan en bak ongeveer 30 min.
Stroop:
Kook suiker en water saam, voeg koffiepoeier by kook vir 5 min,
Verwyder van stoof en voeg essens by. Roer goed.
Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Versier :
Laat goed koud word, smeer karamel kondensmelk of Nutella oor en versier met styf geklopte room en ‘n gekrummelse Flake indien verkies.
Resep geplaas deur Esmarie Buys
Fotos: Adam Cloete, Meisie van der Colff en Lettie Roets
Versiering:
Ek het 1 blik caramel oor die koek gesmeer. ¼ blikkie desert cream saam 1 groot slab neut sjokolade gesmelt in die mikrogolf 1 min. Toe goed geroer oor caramel gegooi en gemeng dat dit so lyk.

Dit is die gewone pankoek resep op die blad. Dubbeld aangemaak. In 3 panne gebak. Koffiesous soos resep aandui aangemaak en oorgegooi. Dink nog net nie iemand het probeer om die resep in gewone panne te bak. Dit is presies die klam pankoek resep op die blad
Foto Frans van Rensburg