

MARIËTTE SE 3 BONE-KERRIEBONE SLAAI
3 sakkies bone
½ koppie kerrie
1 koppie asyn
3 koppies suiker
15 ml sout
10 ml swart peper
1 ui gekerf
3 peppers een van elke kleur
Kies bone van jou keuse en week oornag in koue water.
Kook tot sag.
Voeg sout, growwe swart peper, asyn, kerrie en suiker by na smaak.
Kook kerrie lekker deur die bone.
(Ek kook en laat staan paar uur en kook dan weer)
Wanneer alles lekker deurgekook het, plaat afgesit, voeg ek gesnipperde groen-, geel-, rooi peppers en ui by.
Roer deur en bottel terwyl warm.
Hoe langer hy staan, hoe lekkerder raak hy.
(Ek hou myne maar in yskas)
RESEP EN FOTO: Mariette Heydenrych-Kotze
Ons het hierdie wenk gebruik om die asyn bietjie te neutraliseer
Neutralize the vinegar chemically by stirring in a pinch at a time of baking soda. Baking soda is a potent base, or alkaline, ingredient and will convert some of the vinegar to carbon dioxide. Taste the food after stirring in each pinch and repeat until the flavors are balanced.






