

LENORE SE WENNER AARTAPPELSLAAI
1kg aartappels
2 koppies mayonnaise
1 blik gekondenseerde melk
1 pakkie bacon
2 medium uie
3 hard gekookte eiers
sout en
growwe peper na smaak
Kook aartappels sag en laat effens afkoel. Sny bacon in blokkies en braai crispy. Meng mayonnaise en gekondenseerde melk saam. Voeg gekookte eiers wat gerasper is, opgekapte uie en bacon met sy bietjie olie by die lou aartapels. Strooi growwe peper oor na smaak. Voeg mayonnaise mengsel by en roer deur. Die slaai smaak so rokerig en dus ook lekker die volgende dag
Resep geplaas deur Lenore Combrink
Foto: Lenore Combrink






