
HEERLIKE ROOIWYN SOUS VIR LAMSBOUD
Die heerlikste Rooiwynsous!
Daar kom net niks by die diep geurige smaak van hierdie wonderlike sous nie. Niks wat uit ‘n pakkie kom sal ooit die wonderlike hoogtes bereik van ‘n sous wat met liefde aan mekaar gesit is nie. Hierdie kan ook ‘n dag voor die tyd gemaak word en is eintlik lekkerder as dit ‘n bietjie gestaan het. As jy nie self die lam aftreksel wil maak nie, is daar, en ons mag nie name noem nie…, die wonderlikste voorbeelde van nat aftreksels in die winkels.
2 bottels rooiwyn
3 liter lams aftreksel
2 takkies roosmaryn
5 peperkorrels
3 stêr anys
Kook die wyn af tot ‘n kwart saam met die kruie en speserye. Voeg die aftreksel by en kook weer af tot lekker sous vorm, dit gaan ongeveer 1 ½ uur neem so wees maar geduldig.
Dreineer deur ‘n sif sodat die kruie agter bly. Bedien oor die vleis. Mmm…






