

HASHBROWN PIZZA
Genoeg vir 1 persoon.
1 aartappel, gerasper
¼ ui gerasper
1 eier
2 eetlepel koekmeel
knypie sout, peper en paprika
Rasper die aartappel en druk al die water uit.
Meng die res van die bestanddele met die gerasperde aartappel.
Plaas die aartappelmengsel in ‘n warm pan met bietjie olie in en braai tot die aartappel bros en bruin is of bak dit in die oond tot bruin.
Plaas vulsels op die aartappelkors van eie keuse.
Ek het gebraaide sampioene, spek, kaas en avo bo-op geplaas.
Yummmmyyyyyy.
Foto en resep: Lane Veltman







Done