

HANNAH SE GROEN LAGIE SLAAI
Fyn gerasperde blaarslaai onder
dan spriet uitjies opgekap.
Volgende seldery in ringetjies gesny.
Groen soetrissie fyn gesny.
Dan rasper jy murgpampoentjies oor,
volgende ‘n blikkie kekerertjies en blikkie baba ertjies.
Bedek nou met ‘n lagie salanaise (lyk soos mayonaise net nie heeltemal so suur nie)
Rasper 3 hardgekookte eiers eweredig oor en fyngekapte pietersielie.
Laastens kry dit ‘n lekker vol lagie parmesaan kaas
HEERLIK
Foto en resep: Hannah Frauendorf Langenhoven






