


ERNA SE SKUIMPIES
Om skuimpies te bak is baie makliker as wat mense dink. Ek maak die gereeld. Partykeer sommer met gewone suiker as ‘n growwer tekstuur jou nie gaan pla nie.
Ek hou van ‘n druppel of 2 rooswater in my skuimpies ipv vanilla.
Daar is nie ‘n beter manier om tegnieke te oefen met nuwe “piping tip” nie 😁
SKUIMPIES
400 g strooisuiker
25 ml asyn
5 ml kremetart
Vanilla
37,5 ml kookwater
knippie sout
3-4 eierwitte
Gooi suiker in bak (verkieslik glas of metaal).
Gooi asyn, kookwater en sout by en meng.
Gooi nou kremetart en eierwitte by en klits tot stywe punte vorm.
Stel oond op 100°C.
Vorm skuimpies op bakplaat wat gespuit in met spray-n-cook.
Sit in oond en stel af na 80ºC en bak vir 1½ na 2 ure.
Sit oond af en laat afkoel in oond.
Foto’s en resep geplaas deur Erna Van der Merwe
2de Foto: Anmarie Watney – Ek het gevriesde eierwitte gebruik en dit het perfek gewerk






