

CORA SE KRUIE BROOD
Meng die volgende saam:
500 g broodmeel
1 pakkie kits gis
1 teelepel sout
1 teelepel vars roosmaryn, fyn gekap
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel knoffel
1 teelepel basil, fyn gekap
1 koppie fyn gesnyde salami
Meng saam:
1 eier
½ koppie olie
3 koppies lou warm water
Meng die nat- by die droë bestanddele tot ‘n deeg en knie met die hand verder op ‘n meelbestrooide plank.
Tot die deeg lekker elasties is.
Plaas in ‘n gesmeerde broodpan en laat rys tot dubbel die grote.
Plaas in voorverhitte oond by 180ºC vir 40 min of tot deur gebak.
Resep en foto: Cora Naude






