

CHEREE SE MACARONI EN KAAS
Mac en Cheese vanaand en my dogtertjie Chereé (5) het dit gemaak. Sy is super trots op haarself. Ek het net by die stoof en en oond gehelp.
Sous:
3 eiers
500 ml melk
sout en peper na smaak
Mosterdpoeier na smaak
150ml gerasperde cheddarkaas en ekstra kaas
¼ pakkie spek, gesny en gebraai
Skyfies tamatie
Maak macaroni aan soos pak aanwysings.
Sous: stel oond op 180°C.
Smeer ‘n oondskottel met margarien.
Klits die eiers,sout, peper en mosterd saam in mengbak.
Voeg die melk by en roer die gaar macaroni, kaas en spek by. Kan ook bietjie pietersielie by voeg.
Gooi alles in die gesmeerde mengbak.
Strooi die ekstra kaas oor en sit die skyfies tamatie oor.
Strooi bietjie aromat oor tamaties.
Bak vir 30 – 40 min.
Foto’s en resep geplaas deur Annelize de Bruin






