

CHARNE SE NANDO COPYCAT RYS
½ koppie rou rys
1 soetrissie, enige kleur (ek het ½ geel en ½ rooi gebruik)
1 blikkie geskilde en gekapte tamaties
1 ui, fyn gesny
2 eetlepel Nandos peri peri sous hot (ek het die mild gebruik)
1 koppie water
sout na smaak
Braai ui en soetrissie in bietjie olie en botter.
Voeg blikkie tamaties by en die Nandos peri peri sous.
Voeg rys by en laat kook op meduim vir so 4 min.
Voeg ‘n koppie water by en sout na smaak en laat prut met deksel op tot rys gaar is.
Voor opdiening roer pietersielie of koljander by (vars) ek het nie vars gehad nie so het ‘n teelepel droë pietersielie ingeroer.
Pietersielie vir opdien.
Resep geplaas deur Charne Strydom
Foto: Charne Strydom






