

AMANDA SE KARAMEL SUURLEMOEN KAASKOEK
Maak krummelkors met:
1 pakkie karamelgeur tennisbeskuitjies
60 – 80ml gesmelte botter
Druk vas in bak en sit in yskas.
Klits nou 2 eierwitte styf met ‘n halwe koppie strooisuiker
(Ek het bruinsuiker fyngemaal tot strooisuiker tekstuur)
Klits die volgende nou bymekaar:
1 blikkie kondensmelk
1/2 blikkie karamel kondensmelk
1 houer roomkaas
60 ml suurlemoensap
2 Eiergele
Giet in koekiekors.
Smeer eierwit meringue bo-oor.
Bak op 180° vir so 10 – 15 minute tot meringue mooi bruin is.
Resep en foto: Amanda Struwig






