

ALTA SE GEVULDE AARTAPPELS
5 groot aartappels ,gewas en toegedraai in foelie, bak in oond tot gaar maar nie pap(,myne was grootaartappels en het 2 en n half uur gebak),
Braai saam:
1 groot uie op gekerf
1 pakkie streaky spek fyn gesny
1 klein pakkie sampioene opgesny
Maak n wit sous wat nie te loperig is nie
3 eetlepels botter
4 eetlepels koekmeel,
smelt botter, roer meel by, voeg half koppie room by en dan melk na gelang van dikte van sous, sout en swartpeper na smaak,(ek roer so half teelepel droë mosterd poeier by)
haal sous van plaat af, meng die spek en uie mengsel nou met die witsous, sny gaar aartappels in lengte deur en hol uit,(oppas dat skil nie breek nie, maak aartappels fyn (nie soos mash nie,daar moet nog stukkies wees )meng nou aartappels by witsout en spek mengsel, skep nou die mengsel in uitgeholde aartappel doppe, gooi kaas oor, sit terug in oond tot kaas gesmelt is, gooi bietjie fyn gekapte pietersielie oor. Bedien met slaai
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk






