


UIE, RISSIE EN GEMMER KONFYT
180 ml olyf olie
16 uie in dun skyfies gesny,(ek gebruik my mandolin,)
4 duimgrote vars gemmer geskil en fyn gekap
4 brand rissies onpit en fyn gekap,(as jy dit sterker wil hê los ban pitte in)
4 lourierblare
2 koppies water
30 ml sout
4 koppies suiker
320 ml rooiwynasyn
Verhit olyf olie in kastrol en soteer uie tot sag en deurskynend,hitte moet matig wees sodat uie stadig kan braai en verkieslik nie verkleur nie
Voeg die gemmer en brandrissie by en roer braai vir nog ‘n minuut of 2.
Voeg water en lourierblare by en laat prut todat al die water verdamp het.
Voeg sout, suiker en rooiwynasyn by, en laat konfyt sonder deksel prut vir +30 tot 45 minute, todat dit verdik het.
Skep uit in gesteriliseerde bottels, gebruik by vleisdisse, kaas borde, pastas pizzas,
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk






