

ADAM SE KRUISEMENT GEGEURDE ERTJIES EN BOTTERBONE (www.foodloversrecipes.com)
1 Blikkie ertjies, gedreineer
1 Blikkie botterbone, gedreineer
½ ui fyn opgekap
1 eetlepel botter
2 eetlepels (of meer) fyngekapte kruisement blare
sout en peper na smaak
Braai die uie in die botter tot dit net begin sag word. Voeg die ertjies en boontjies saam met sout en peper by en braai vir ‘n minuut of twee terwyl jy dit goed met die uie meng. Voeg die kruisement blare by en roer goed deur. Haal van die hitte af en druk die mengsel net effens fyn met ‘n aartappeldrukker. Daar moet nog heel boontjies en ertjies oor bly.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.






