

VULLENDE PAP EN NJAMA (VLEIS)
Smaak-lekker vullende en spotgoedkoop ete daagliks geniet deur menige. Die geheim lê in die sous!
1 kg vleiserige sopbene
2 blokkies bief ekstrak
1 teelepel gerasperde knoffel
1 groot gekerfde ui
2 gesnyde tamaties
1 teelepel sout
½ teelepel rooipeper
3 lourierblare
5 heel naeltjies
1 teelepel fyn komyn
Braai bogenoemde saam in vlak olie.
Voeg die 1 blikkie uie en tamatie by as jy wil en prut met water vir 1 uur.
Voeg die volgende by:
4 aartappels, in blokke gesny
4 wortels, in skywe
1 handvol gekerfde seldery
Kook stadig vir nog ‘n uur.
Bedien saam met die sous op pap.
Resep en foto: Nico Conradie






