

SKAAP MAALVLEIS IN NETVET
½ kg skaap maalvleis ( selfgemaak)
2 eetlepels worcestersous
1 eetlepel soet rissiesous
1 teelepel sout
¼ teelepel peper
2 teelepels sojasous
1 eetlepel blatjang
¼ koppie broodkrummels
1 eier
¼ teelepel rissievlokkies
skaap netvet
stukkies kaas 10 by 10 mm blokkies
Meng al die bestanddele saam met die vleis behalwe die netvet en kaas blokkies.
Maak kleinerige balletjies van die mengsel druk ‘n blokkie kaas in die middel en rol dit mooi toe. Plaas die balletjie in die middel van stukkie geknipte netvet.
Knoop dit dan soos ‘n kardoesie toe en bind vas met ‘n toutjie.
Ek gaan dit op redelike skerp kole braai tot gaar en die vet krakerig of bros is.
Bron: Gideon Louw
Foto: Gideon Louw






