MARIA SE BROOD EN BOTTER POEDING
( Eksperimenteel) sonder resep gebak, kan verfyn word , maar heerlik uitgekom. Opgedien met koue ideal melk.
12 snye witbrood – ek het korsies aangehou
Ses eiers
250 ml melk
500 ml room
10 ml vanilla essence
250 ml suiker
Botter/ margarien vir brood. Ek het Flora gebruik.
Een botteltjie morello kersie konfyt van Pick and Pay.
Stel oond op 180 grade C
Spuit n oondbak met spray and cook
Klits melk, eiers, 250 ml room , suiker en vanilla saam.
Smeer snye brood aan een kant met margarien.
Pak ses snye brood, margarien kant na onder in pan. Ek het n vierkantige koekpan gebruik.
Smeer botteltjie konfyt oor brood.
Pak nog n laag brood op die konfytkante, margarienkant na bo.
Giet vloeistofmengsel oor brood. Maak seker dit is regdeur. Gooi oorblywende 250 ml room oor.
Bak vir 45 min.
Resep geplaas deur Maria Vieira
Foto: Maria Vieira