ILSE SE SOUTVLEISTERT
2 snye wit brood geweek in ½ L warm melk (tot sag)
250 g varkspek (fyn gesny en gaar gebraai)
180 g fyn gerasperde kaas (of meer)
1/8 teelepel knoffelsout
1 teelepel droë mostert
½ teelepel cayenne-peper
1 eetlepel fyngekapte pietersielie
3 eiers
3 hardgekookte eiers (rasper fyn)
1 teelepel Worcestersous
¼ teelepel Tabascosous
1 blikkie soutvleis (fyngedruk)
METODE
Meng alles bymekaar, skep die mengsel in ‘n oondskottel en bak vir ongeveer 35 min. lank op die middelste rak in ‘n vooraf verhitte oond (180 C).
Bron: Ilse Foote
Nota: Dié resep kan ook gebak word in mini muffin pannetjies (goed gesmeer met botter).
Foto: Adam Cloete
Nota Adam: Ek het net ‘n blikkie kerkerertjies (chickpeas) fynerig gemaak en bygevoeg om dit so klein bietjie meer te maak.
One thought on “ILSE SE SOUTVLEISTERT”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
done