

ANNELIZE SE TAMATIE EN UIE SLAAI
Halwe uie, fyn gekap
2 Tamaties, geskil en in blokkies gesny
Kaas/fetakaas(jou keuse)
2 eetlepels balsamic asyn
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels blatjang
Skil die uie en kap baie fyn, skil die tamaties en sny in blokkies. Sny die feta/kaas in blokkies. Plaas als in ‘n slaai bak. Meng goed. Geur met sout en peper. Gooi balsamic asyn, olyfolie & blatjang oor die tamaties en uie. Meng goed. Plaas in die yskas sodat die slaaisous lekker in die slaai kan intrek. Die slaai is heerlik saam met bobotie of kerrie-en-rys.
LET WEL: JY KAN DIE UIE EN TAMATIES VERMEERDER NA JOU SMAAK
Bron en Foto: Annelize de Bruin






