

GIDEON SE ONTBEENDE BOKLAM RIBBETJIE
Een ontbeende boklam ribbetjie ( ek’t dit sommer self ontbeen ) opgerol en met tou vasgebind
1 medium groot ui fyngekerf
¼ rooi soetrissie fyn gekerf
3 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel olyfolie
2 eetlepels soet rissiesous
3 eetlepels Worchestire
1 eetlepel sojasous
3 eetlepels witasyn
2 eetlepels suiker
1 teelepel rissievlokkies
1 teelepel witpeper
1 teelepel sout
Ontbeen die ribbetjie, meng al die bestanddele saam.
Plaas die rib in ‘n groterige plat bak en giet die mengsel daaroor en plaas in die yskas vir oornag
Plaas dit die volgende oggend in n oondvaste bak en giet die sous oor die ribbetjie en bedek met foelie.
Bak dit op 100º vir ± 6 ure
Kook pypies macaroni vir agt tot tien min en dreineer plaas dan die gekookte macaroni rondom die ribbetjie in die bak en kook saam met die vleis op selfde hitte vir ‘n halfuur. Haal uit die oond en verwyder foelie en bedek die macaroni met gerasperde kaas en plaas terug in die oond sonder foelie en grill vir vyf minute of net tot kaas gesmelt is
Onthou om die tou aftehaal voor opdien.
Sjoe dit was baaaaaaaaie lekker
Bron en Foto: Gideon Louw






