

GEROOKTE KAAS EN SMOOR BROOD BAGLES
1.5 koppie gerookte kaas
250 g fyn gekapte uie en groen en/of rooi pepers
500 g bruismeel
500 ml karringmelk
1 teelepel oregano
1 eier
¼ koppie gemende saadjies
¼ blokkie oxo
knippie sout
Sit oond op 180 ⁰C.
Smoor uie en pepers in pan met oregano (ek gooi ‘n ¼ blokkie groete stock in terwyl dit smoor).
In ‘n bak, sit gesifte meel, saadjies, sout en gerasperde kaas.
Meng die eier met die karringmelk and gooi oor meel mengsel. Moet goed.
Hou bietjie karringmelk eenkant indien jy nog nodig het want die mengsel moet nat wees.
Ek het bagel pannetjies gebruik so dit vat so 20 minutes om te bak. Sal meer wees (1 uur) as jy ‘n broodpan gebruik.
Lekker vir klein happies vir die kinders or net ietsie om daai gaatjie toe te maak.
Resep en foto: Kyle Jensen







geskuif