GERASPERDE EIER-MENGSELSLAAI
Hoeveelhede gebaseer op ‘n medium grootte slaaibak:
5 medium hard gekookte eiers (kook 9-10 minute soos vir gevulde eiers) gerasper op growwe kant van rasper
‘n Halwe medium komkommer in dun skywe gesny.
Kwart kropslaai fyn gesny.
Een gerasperde rooi appel (geskil en pitte verwyder)
6 Miami Sweet & Tangy Cucumbers (agurkies) in dun ringe gesny.
Kwart koppie van bogenoemde agurkies se sous.
Halwe koppie Cross & Blackwell mayonnaise.
Gemaalde peppercorns en bietjie sout na smaak.
Meng bogenoemde (gooi eiers en appel laaste in).
Resep & foto’s: Christelle van Rooyen