

ELNA SE ONTBYT MUFFINS
Foto en resep: Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
knypie rooipeper
360 g oorskiet hoender, fyn gesny
6 snytjies gipsy ham, in blokkies gesny
60 g gerasperde kaas
500 ml melk
2 eiers
Voorverhit die oond 200°C.
Spuit muffin pannetjies met kleefwerende middel.
Sif droë bestanddele saam.
Voeg hoender, ham en kaas by.
Klits melk en eiers saam.
Voeg by meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg.
Skep die holtes van die muffinpannetjies twee derdes vol deeg.
Bak vir 20 minute tot goudbruin.






