ELIZE SE APPELKOOS KOEKIES
500 g Stork Bake
4 koppies suiker
1 koppie appelkoos konfyt
4 eiers
8 koppies koekmeel
2 eetlepels koeksoda
1 eetlepel gemmer
Room botter en suiker voeg eiers en konfyt by en meng goed.
Voeg droë bestanddele by en meng deur.
Maak balletjies, druk plat en bak by 180ºC vir ongeveer 10 min tot mooi kleur.
Bron en Foto: Elize Gouws
Gaan dit ‘n verskil maak as ek die koeksoda uitlos?
Hi Hendrien, jy ongelukkig is dit die enigste rysmiddel in die koekie, so ek glo as jy dit heel weglaat sal jy dalk klip harde koekies kry. Probeer gebruik bruismeel, dit kan dalk help. Jy kan ook die koeksoda vervang met bakpoeier maar jy sal baie meer bakpoeier nodig he, 4 eetlepels wat dalk die smaak van die koekies gaan beinvloed, omdat hulle nie so baie rys nie, probeer minder, maar ek se altyd as jy die regte resultaat wil he, gebruik die regte bestanddele 🙂