

ELBE SE MAKLIK WORTELKOEK
250 ml suiker
250 ml olie
3 eiers
5 ml koeksoda
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
Knippie Sout
250 ml piesangmoes
250 ml gerasperde wortels
125 ml gekapte neute
Klits suiker olie en eiers goed.
Gooi meel, koeksoda, bakpoeier, kaneel en sout by en roer tot net gemeng.
Roer piesangmoes, wortels, en neute by.
Voer 2 koekpanne uit met bakpapier en bak my 180 grade vir ongeveer 30 min.
Laat in die panne afkoel voor uitkeer.
P.S. Ek gebruik sommer maaskaas versiersel.
Dwayne se versiersel
Versiersel:
110 ml botter
100 ml roomkaas
375 ml versiersuiker
5 ml vanielje geursel
Room botter en versiersuiker en voeg roomkaas en vanielje geursel by en meng goed.
Smeer tussen die afgekoelde koeklae en ook bo-op.
Versier dan met heel neute en kersies indien verkies.
Resep geplaas deur Elbe Viljoen
Foto: Dwayne Willemse






