

DHANIA BLATJANG
1 lt mild chutney
80 g vars Dhania fyn gekap
Vars brandrissies of 1 tl rissie vlokkies= 1rissie
Fyn Knoffel (2eetl) of meer
Plaas blatjang in n swaar boom pot. Stainless steel of emalje.
Kap of blits Dhania, knoffel en rissies tot baie fyn( ek sit van blatjang by om die proses makliker te maak).
Voeg by . Ek spoel die houer van blatjang uit met 1/4kp asyn.
Oor stadige hitte verhit terwyl jy aanhoudend roer met houtlepel.
Dit moet nie eens n borreltjie maak nie anders brand dit. Laat net so “simmer” vir ongeveer 20 min. Blits in pot as jy die stukke blatjang fyn wil he.
Bottel warm en laat rus. Soos enige ingemaakte voedsel kom die regte geur eers uit na n week of so.
NOTAS:
Begin met net 1 tl rissie of een vars rissie en voeg by. Ek het 4 gebruik (ons hou van sterk) ek gebruik rooi rissies vir die kleur.
Ek gebruik mild blatjang. Die rissie gee sy eie unieke smaak. Jy kan hot gebruik en rissies uitlos, maar onthou die blatjang is hot gemaak deur rooipeper en nie rissies.
Ek gebruik die tregter wat mens saam skottelgoedwasser kry om die kokende mengsels in bottels te kry. Werk soos n bom vir heel appekoos of ander konfyte. En verminder die gevaar van hande brand.
Resep en foto: Delene Breytenbach






