KLONTLOSE VLA VIR VLA KOEK.
Maak vla aan soos dit op die houer staan…vir dik vla. Laat dit afkoel. trek die velletjie lagie af. verroom 125gr botter (ek gebruik altyd Wooden Spoon se wit margarien) met ‘n eletriese menger. Sif so kwart koppie versuiker in en klits goed. Voeg die vla mengsel bietjie bietjie by en klits totdat dit lekker romerig is. Gooi nog versiersuiker by as jy dit soeter of dikker wil maak
Deur: Michelle Joubert
Foto geleen by Elda Tigar