

CORA SE AMARULA BOLLETJIES
Vandag die Amarula-balletjies gemaak.
Dit is vrek lekker.
3 pakkies Mariebeskuitjies, fyn gemaak
500 g versiersuiker
2 eiers
125 ml gesmelte botter
250 ml amarula
Meng die Mariebeskuitjies en die versiersuiker saam.
Meng dan die eier, gesmelte botter en amarula saam en meng dit met die Mariebeskuitjie-mengsel.
Rol in klein balletjies en plaas op ‘n bakplaat wat met foil uitgevoer is en plaas in yskas vir tenminste 1 uur.
Smelt 500 g sjokolade en rol die balletjies daarin laat staan by kamertemperatuur tot hard.
Resep geplaas deur Cora Naude
Foto: Cora Naude






