

CHARLEEN SE KERRIEBONE
1 medium ui, fyn gekerf
2 blikkies baked beans in tamatie sous
1 eetlepel rajah kerrie
½ teelepel komyn
knypie sout
½ teelepel vars knoffel
Braai ui in bietjie olie tot sag en gaar. Voeg res van bestanddele by en prut vir so 20 – 30 minute. Geniet saam met pangebraaide boeliebeef, gebakte eier en roosterbrood.
Resep geplaas deur Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Charleen Nieuwenhuizen
Ansa C Reyneke
Ek is mal daaroor. Soms met pynappel of appel of gebakte eier.
Linda Wessels
Net so met ‘n gebakte eier bo op. Lekker.
Carla Botha
My oorlede skoonsus het dit met knoffel en botter warm gemaak, ek was of vrek honger maar onthou nog tot vandag hoe lekker dit was.
Annatjie Cooper
love Bakebeans op toast sit kaas by en Bacon.
Michelle van der Vyver
Meng n blikkie Tuna en bake beans saam op roosterbrood baie lekker.
Hester Jacoba Botha
Tamatie en uiesmoor saam die baked beans is heerlik.
Yvette Cilliers
Ek is mal oor baked beans op toast en eet dit net so sonder enige iets anders.
Sharon Lloyd
Ek sny uie fyn. Braai saam met teelepel suiker tot sag. Voeg dan bakebeans by met so 5 tot 10 ml asyn. Prut stadig vir paar minute. Yummy yummy…..
Alet Schoen Murray
Ek is glad nie lief vir baked beans net so uit die blikkie uit nie. Sal dit glad nie so eet nie. Ek maak dit op die volgende 2 maniere en alles volgens smaak met die kerrie metode:
Braai ‘n ui met bietjie suiker, asyn, kerriepeier, borrie en bietjie tamatiesous. Voeg dan blik baked beans by en roerbraai so 2-3 minute dat alles net lekker meng en boonjies warm is.
En natuurlik my “all time favourite” en baie eenvoudig, maar heerlik:
Meng 1 blik baked beans met 2 of 3 eetlepels Cross en Blackwell mayonnaise. Nie Trim nie, regte mayo. Dit is absoluut heerlik!
Maria Venter
Maalvleis en bakebeans op taost.
Thelma Gair Brash
Braai Bacon en uie en knoffel en sit dan die Bake beans met n bietjie woestersous by.
Barnard Poppie
Braai uie, greenpepper en chipolatas. Voeg kerriepoeier by en dan bakebeans. (Chipolatas is klein varkworsies)
Wayne Dugmore
Ek moet bieg dat ek glad nie ‘n groot baked beans liefhebber is nie – dalk te veel as ‘n kind geëet… Ek verstaan ook glad nie baked beans op toast ding nie – ek sê nie dis sleg nie! Wanneer ek wel baked beans eet elke skrikkel jaar is dit met suiker, asyn, sout en peper – so ‘n lekker verneuk sousboonjie mengsel…
Elsie De Beer
Ons gunsteling is fyn gebraaide uie. Roereiers en dan die bone. Alles in een pan en resep is een eier vir 2 persone.
Ook lekker om Boelie Beef te braai met uie en dan bone. Alles weer een pan.






