ANNALISE SE KOEKIE BROWNIES
1 pak marie beskuitjies(200g)
1 pak 500 g versiersuiker gesif
30 g kakao gesif
250 g margarine
1 eier
Maak beskuitjies fyn. Ek maak myne baie fyn
Smelt margarien in ‘n diep kastrol.
Voeg versier suiker en kakao by.
Roer goed oor stadige hitte tot glad.
Roer die eier vinnig by. Hier moet dit vinnig gewerk word want die eier word ongeklits bygevoeg en skif maklik. Die geheim is die vinnige roer.
Haal mengsel van die hitte af en roer die fyngemaakte beskuitjies by. Roer goed deur.
Gooi in gesmeerde pan en laat afkoel. Sny in blokkies.
Ek verdubbel die resep 4 keer.
Foto en resep: Annalise Farrow