

ALTA SE HERDERSPASTEI
Gebruik 1 kg beesvleis blokkies klein gesny
500 g vark blokkies
1 pakkie vars sampioene gesnipper
2 uie fyn gesny
1 pakkie 500 grm gemengde groente
2 teelepels gebreekte koljander
4 teelepels braai speserye
2 teelepels aromat
Sap van 1 suurlemoen
Varsgemaalde swart peper na smaak(my smaak vir peper sit bietjie diep
8 medim aartappels (gekook en fyn gemaak soos jy maar kapok aartappels maak)
Braai vleis tot lekker bruin, skep uit hou eenkant
Braai nou uie en sampioene saam tot net gaar en skep vleis terug in kastrol,voeg nou speserye en suurlemoen sap by, voeg 1 koppie water by ek kook vleis tot sag en sousie bietjie weggekook het, kook nou gemengde groente in mikrogolf tot gaar voeg by vleis mengsel, skep in bakke en skep aartappels bo oor stip met botter en bak tot dit kleur kry in oond 180º, ek het 2 bakke uit gekry een gevries(sonder aartappels) dan het ek baba skorsies by gemaak opgekook met n pakkie kaas sous oor, soetwortels en viola lekker middag ete, hoop ek nie iets uitgelaat nie.
Resep en Foto: Alta Gunter Van Dyk






