WAYNE SE BOTTER HOENDER
Een van die Indiese disse wat ek vreeslik geniet is “Butter Chicken”. Ek dreig al van 2009 af om dit te leer maak en het tot selfs ‘n Indier kolega of 2 se arm gedraai om dit vir my te maak.
Ek kom toe so ‘n paar maande terug op ‘n resep af wat in een of ander restaurant gebruik word en dag toe: die een gaan ek probeer.
Dit het my ‘n maand of 2 gevat om fenugreek blare te kry – maar ek het!
Hierdie is baie lekker!!!
Sny 500g hoender filette in so 2.5cm blokkies. Marineer dit oornag in:
1 t gemmerpasta
1 t knoffelpasta
2 E Tandoorie Masala pasta
125 ml joghurt
Sout na smaak
Maak jou botter hoender sous:
2 E botter
1 groot ui, dun skywe gesny
1.5 t gemmer pasta
1.5 t knoffel pasta
1.5 t komyn
1.5 t koljander
1 t rooipeper*
1 blik gekapte tamatie
Sout na smaak
Smelt die botter in ‘n swaarboom pot oor ‘medium hitte. Soteer die uie tot deursigtig en dit begin stoom – moenie dat dit bruin word nie.
Sit die komyn, koljander en rooipeper by en roer deur. Gooi die blik tamaties by. As dit vinnig begin kook kan jy ‘n halwe koppie water by gooi. Jy wil glad nie hê dit moet brand nie. Geur met ‘n bietjie sout indien nodig vir jou.
Gooi die inhoud van die pot in jou versapper (blender) en vermeng so 2 of 3 keer tot baie fyn. Jy kan die mengsel ook deur ‘n sif druk na die tyd om seker te maak daar is geen soliede stukke in nie.
** – sien nota vir ‘n handige wenk
Bring alles saam:
1 E olie
1 t garam masala
125 ml room
1/2 t gedroogde fenugreek blare, fyngedruk
Verhit die olie in ‘n swaarboom pot. Braai die hoender vir so 10 minute tot bruin (gooi die oortollige marinade weg***).
Gooi die garam masala oor en roer deur.
Gooi die botter hoender sous by. Sodra dit begin borrel gooi die room by.
Sodra dit weer begin borrel gooi die fenugreek blare oor en roer deur. Geur met nog sout indien nodig.
Laat prut tot redelik dik.
Bedien met rys of naan of rotti.
* Gebruik minder rooipeper as jy nue van te sterk hou nie. Gebruik meer as jy van sterk hou. Onthou dat die tandoorie masala ook rissie in het.
** Jy kan die botter hoender sous mengsel laat afkoel en vries (tot op 3 maande) as jy dit later wil gebruik. Hoe langer dit staan hoe sterker raak die geure. Alternatiewelik gebruik dit dadelik.
*** Goou die ekstra marinade oor die bruin hoender en laat weg prut voor die botter hoender sous bygegooi word.
Oorspronklike Bron: Little Spice Jar
Foto: Wayne Dugmore
One thought on “WAYNE SE BOTTER HOENDER”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Die fenugreek blare is die geheim!