

SPICY GROENTESOP MET CHORIZO WORS EN ‘N JALAPENO, FETA EN SONGEDROOGDE TAMATIE POTBROOD
Spicy groentesop met chorizo:
1 koppie 3 in 1 sopmengsel
1 blikkie tamatie en uie (bredie mengsel)
1 blikkie gekapte tamaties
3 medium grof gerasperde wortels
1 bos seldery stingels en blare, opgekap
¼ koolkop fyn opgesny
3 blokkies hoender ekstrak in 2 koppies kookwater opgelos
2 chorizo worsies opgesny (dis ‘n baie spicy Spaanse wors met paprika wat gewoonlik in paella gebruik word)
Pakkie Werda kerrie boontjieslaai (ja jy lees korrek!)
Ek kook eers die 3 in 1 sopmengsel totdat dit feitlik uitgedy en gaar is voordat ek die ander groentes bygooi en laat prut tot alles gaar. As jou sop te dun voorkom (soos wat myne was, want ek het te veel water ingegooi in die begin) maak ‘n pakkie wit uiesop poeier aan met bietjie water en gooi by jou sop. Laat dit liggies prut tot gaar en die sop dikker is.
Jalapeno, feta en songedroogde tamatie potbrood:
Pakkie potbrood mengsel (kaas geur)
5 heel ingelegde jalapenos (jy kan vars gebruik as jy het) in ringetjies gesny (haal pitte uit as jy nie van die brand hou)
½ koppie songedroogde tamaties, in olie opgesny
3 vierkante feta kaas, in blokkies gesny
1 E Italiaanse kruie (droog)
Meng die deeg beslag soos aangedui op die pakkie en voeg die res van bestanddele by. Laat rys, knie weer af en sit in olie gesmeerde pot of in twee brood panne. Laat weer rys en bak dan by 190°C vir 45 min of tot mooi bruin en gaar. Bedien saam met die sop met botter.
Bron en foto: Elsabie Templeton







Geskuif na nuwe blog