OUMA SE BOBOTIE
2 dikkerige snye witbrood, breek in stukke
1 blik ingedampte volroom melk (Ideal-melk)
3 eetlepels olie
1 kg maalvleis
2 groot uie, fyn gekap
1 groot wortel, grof gerasper
3 eetlepels marsala
2 teelepels borrie
3 eetlepels appelkooskonfyt
3 eetlepels pitlose rosyne
sap van een suurlemoen
sout en vars gemaalde swartpeper
3 eiers
3-5 suurlemoen- of lourierblare
1 blik gesnipperde tamaties
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Week die stukke brood in ‘n kwart van die Ideal-melk en hou eenkant.
Verhit die helfte van die olie in ’n groterige kastrol en braai die vleis tot gaar, roer tamaties by.
Skep uit.
Verhit die res van die olie en braai die ui, wortel, marsala en borrie ’n paar minute.
Skep die vleis by die uiemengsel en roer die geweekte brood (met melk), appelkooskonfyt, rosyne en suurlemoensap by die mengsel.
Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en skep in ’n gesmeerde oondbak.
Klits die eiers en res van Ideal-melk saam, geur met bietjie sout en giet oor die maalvleis-mengsel.
Druk die lourierblare of suurlemoenblare in die eier en melk mengsel (laat dit regop staan) en bak ± 30 minute of tot gaar.
Die bobotie resep is ongelooflik geurig en baie lekker.
Bron en 1 ste Foto: JT Maritz
2de Foto: Louwtjie Beck