

MAKROLLETJIEKOEK
Dis n botterkoek met klapper bolaag
Koek
125 g botter
½ koppie suiker
3 eiers geskei
¾ koppie melk
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Room botter en suiker. Voeg goed geklitste eiergele by. Voeg dan meel bakpoeier en melk by. Sit in ‘n ronde koekpan.
Bolaag
Styfgeklitste eierwitte van die 3 eiers
½ koppie suiker
1 koppie klapper
Vou suiker en klapper by eierwitte in en skep op koekbeslag in pan
Bak 180 ºC vir 40 tot 45 minute.
Baie lekker.
Bron en foto: Wilma Batt
Nota: Ek het probeer om klontjies appelkooskonfyt tussen onder en bolaag te sit maar dit het afgesak onder toe….sommer ‘n eksperiment.







geskuif