LEATITIA SE BLOMKOOL TERT
3 x groot blomkole, gestoom (ek het dit nie gemash nie, maar naby aand die koppies afgesny)
1 wit ui, opgekap
1 rooi ui, opgekap
500 g Bacon bits
1 pakkie sampioene, opgekap
1 rooi en geel vars paprika (peppers), opgekap
400 ml room
1 Cheese Veggie Bake
Stoom blomkool.
Braai uie, bacon, sampioene,en paprika(peppers) saam in bietjie olyf olie.
Maak die veggie bake met room aan.
Ek bietjie growwe sout, smoke garlic en chillie bygegooi na smaak.
Meng alles en gooi in oondbak.
Bak vir 20 min op 180°C.
Gooi gerasperde kaas oor, laat staan ‘n rukkie en bedien.
Foto en resep: Leatitia Odendaal Van Dyk