

KOEK MET KLAPPER MERINGUEKORS
So met die boek-skoonmakery vandag kom ek op hierdie resep af. En dit moet terstond gemaak word!
Beslag
115 g margarien
100 g suiker
2 eiergele
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
125 ml melk
3 eetlepels suurlemoensap
Bolaag:
2 eierwitte
½ koppie suiker
1 koppie klapper
Smeer of spuit ‘n tertbak of ‘n glasbak.
Klits die margarien en suiker goed saam.
Klits die eiergele by.
Klits die droë bestanddele en die melk by.
Roer die suurlemoensap deur.
Skep in die bak en maak gelyk.
Klits die eierwitte tot baie styf en klits die suiker by. Roer die klapper goed deur.
Versprei egalig met ‘n vurk oor die koek.
Bak vir ongeveer 20 min. teen 180°C.
Resep en foto: Jeanette Martins






