JOLENE SE CHUTNEY KERRIE MAALVLEIS
1 kg maalvleis
1 blikkie gemengde groente met water en al
2 gesnyde uie (Groot)
Peper en sout tot smaak
Chutney tot smaak (ongeveer half koppie)
1 pakkie Borrie (klein pakkie) 10g
1 pakkie medium kerrie (klein pakkies) 10g
Braai maalvleis tot bruin saam uie in bietjie olie
Gooi gemengde groente met water en al, sout en peper en chutney saam met en hele pakkie kerrie en hele pakkie borrie in en meng.
Sit terug op stoof.
Laat dit prik tot die sous lekker verdik het en amper weg is.
Bedien met wit rys.
RESEP EN FOTO: Jolene Smith